Regent's Park
Regent's Park is een van die Koninklike Parke in die Britse hoofstad Londen. Die park met 'n oppervlakte van 166 hektaar is in die noordweste van die stad, noord en oos van die St. Marylebone-buurt, geleë en strek oor twee stadsdele, die City of Westminster en die Borough of Camden. Die kampus van 'n bekende tersiêre instelling, Regent's University London, en die Londense Dieretuin val binne die parkgebied wat dwarsdeur die jaar oop staan vir die publiek.
Read article





